Senegal sal Covid-entstof vervaardig

Senegal het ‘n ooreenkoms onderteken met die Belgiese Univercells maatskappy om volgende jaar Covid-entstof te vervaardig. Luidens internasionale nuusagentskappe wil die land teen die einde van 2022, 300 miljoen dosisse vervaardig. Afrika sukkel met toegang tot entstowwe en nog net 7 miljoen Afrikane, uit ‘n bevolking van 1,3 miljard mense, is ingeënt. Die ooreenkoms word as ‘n deurbraak vir die vasteland beskryf.