Slagting in Burkina Faso

Gewapende mans het nagenoeg 100 mense vermoor in ‘n strooptog op ‘n dorpie in die noorde van Burkina Faso. Dit was die dodelikste aanval in jare in dié konflik-geteisterde land. Tydens die aanval op Solhan is huise en die mark ook afgebrand. Geen groep het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Internasionale nuusagentskappe berig Burkina Faso beleef, net soos baie van sy bure, ‘n al hoe erger sekerheidskrisis, met gewapende groepe wat strooptogte en ontvoerings in groot dele van die streek uitvoer.