Senegal meld 0 gevalle van Covid aan

Senegal het vir die eerste keer sedert die begin van die Covid-pandemie geen nuwe gevalle bevestig nie. Die aankondiging is vanoggend gemaak op Woensdag se toetsuitslae. Nes Namibië het die Afrika-land ook sy derde vlaag in Junie en Julie ervaar met meer as 1 000 gevalle wat daagliks aangemeld is. Die land se totale gevalle is ver onder Namibië s’n met ‘n totaal van net minder as 74 000. Sestien aktiewe gevalle is vandag in die land bevestig. Die regering word geloof vir sy vinnige en doeltreffende reaksie op die pandemie. Inentings vorder stadig met 1,3 miljoen dosisse voltooi vir ‘n bevolking van 17 miljoen mense.