GRN moet luister na Kandjeke – Ntinda

Die mening van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke dat Namibiërs nie veel vertroue in die regstelsel het nie, lok reaksie uit. Kandjeke se verslag oor die ministerie van justisie toon dat kriminele nie verantwoording doen vir hulle dade nie, ander se sake word nooit voltooi nie en ander word weer onttrek as gevolg van verskeie redes. Volgens Asser Ntinda, die voormalige redakteur van die Swapo Namibia Today-koerant, is dit ‘n jammerte dat geen van sy aanbevelings, ook nie die in verband met die vertoning van plaaslike owerhede, ooit na geluister word nie. Hulle word ook nie geïmplementeer nie. Sy kantoor se wetgewing word binnekort aangepas maar, dit sal hom nie meer magte gee as wat hy tans het nie.