Senatla sal maande op die bank wees

Die Stormers verwag om vir maande sonder die vleuel, Seabelo Senatla, te wees nadat hy verlede naweek ‘n ernstige besering opgedoen het in die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Connacht. Die Ierse senter, Bundee Aki, het ‘n rooikaart gekry ná ‘n gevaarlike duikslag op Senatla in die tweede helfte in Stellenbosch. Die Stormers se afrigter, John Dobson, sê hy is nog nie seker oor die omvang van die vleuel se besering nie, maar hy moet ‘n operasie ondergaan en sal nie gou terug wees nie. Die Kaapse span speel Saterdag teen Edinburgh.