Amerikaanse jeugdiges is blykbaar soeter

‘n Onlangse verslag het bevind die aantal inhegtenisnemings van jongmense vir geweldsmisdaad in die Verenigde State het in 2020 aanhoudend afgeneem en was 78 persent minder as die hoogtepunt in 1994. ‘n Ontleding van FBI-data het bevind dat mense van 17-jaar-oud en jonger in 2020 verantwoordelik was vir slegs 7 persent van alle inhegtenisnemings vir geweldsmisdaad. Wetstoepassers het in 2020 ‘n geraamde 424 300 jeugdiges aangekeer, wat ‘n daling van 38 persent sedert die vorige jaar is. Die administrateur van die Kantoor van Justisie, Liz Ryan, sê die bemoedigende tendens het oor drie dekades ontwikkel.