Selfmoord in Afrika word openbare gesondheidskwessie…

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het gereageer op ‘n verslag deur die Wêreldgesondheidsorganisasie wat sê selfdood is ‘n toenemende openbare gesondheidskwessie op die vasteland. Ses uit tien lande met die hoogste selfdoodkoerse is in Afrika. Namibië het ook groot uitdaging en het 679 selfmoorde in 510 dae bevestig. Die WGO sê vir elke selfdood wat aangemeld word, is daar talle ander wat nie gerapporteer word nie weens skande, stigma, taboe’s en kulturele oortuigings. Dyakugha sê ingrypings is broodnodig.