Musk se eks verkoop aandenkings vir studiefooie

Elon Musk se voormalige meisie verkoop ‘n paar aandenkings van hul universiteitsverhouding – en hulle is redelik gewild. Jennifer Gwynne, verkoop 18 foto’s wat die miljardêr se oomblikke as ‘n universiteitstudent vasvang, ‘n handgeskrewe verjaardagkaartjie en ‘n goue halssnoer wat Musk aan sy destydse meisie gegee het. Die kaartjie het al 10 000 Amerikaanse dollar behaal. Dit is geteken, ‘Love, Elon’. Maar, die smarag-halssnoer, afkomstig van die Zambiese myn wat deur sy pa Errol besit word, sal baie gewild wees. Gwynne, wat in 1994 met Musk uitgegaan het, het besluit om die items te verkoop om geld in te samel vir haar stiefseun se universiteitsklasgelde.