Selfmoord: 679 lewens tussen Januarie 2021 en Mei 2022 geëis

Die Khomas Selfmoordvoorkoming Taakmag is in September verlede jaar deur die Namibiese gesondheidsministerie gestig. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, het gesê onlangse statistieke toon dat 679 mense tussen Januarie 2021 en Mei 2022 weens selfmoord gesterf het. Uit die syfer, is 559 mans en 91 vroue wat hul lewens beëindig het. Gedurende dieselfde tydperk, het 18 seuns en elf meisies weens selfmoord gesterf. Streek-statistieke van Januarie 2021 tot Mei 2022 dui aan dat die Omusati-streek die hoogste selfmoordvoorvalle van 105 het, met Ohangwena in die tweede posisie met 100 selfmoord-gevalle. Die Khomas-streek is derde met 80 gevalle, terwyl Oshikoto in die vierde plek is met 65 gevalle.