Dwelmvervaardigings-laboratoriuim in Johannesburg ontdek

‘n Vrou is in Florida in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die vervaardiging van en handeldryf in dwelms van meer as een miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dit volg op inligting wat die polisie ontvang het oor ‘n dwelmvervaardigings-laboratorium. Die woordvoerder van die polisie, Robert Netshiunda, sê intelligensie-inligting is ingewin oor ‘n 44-jarige vrou wat vermoedelik dwelms in Lange-laan vervaardig het.