Menseregte-aktivis: Chemiese kastrasie is nie die antwoord vir verkragtingskrisis 

Die menseregte-aktivis en navorser Lisa Vetten sê chemiese kastrasie is nie die antwoord op die verkragtingskrisis in Suid-Afrika nie. Die voorsitter van die ANC se subkomitee oor Maatskaplike Transformasie, Lindiwe Sisulu, het weer eens ‘n beroep gedoen vir die chemiese kastrasie van oortreders. Vetten verduidelik net ‘n klein persentasie verkragters is gewoonte-oortreders en chemiese kastrasie word gegrond op ‘n reeks foutiewe aannames. Sy sê dit behoort nie gebruik te word om die tekortkominge van die strafregstelsel te versag nie.