Selfbesturende trekker bekendgestel

Die wêreld se grootste vervaardiger van landbou-implemente het ‘n ten volle selfbesturende trekker bekendgestel. Dit is gedoen deur Deere and Company by die grootste verbruikers-tegnolgie-skou, CES 2022 en op sosiale media. Die hoof-tegnologiebeampte, Jahmy Hindman, sê die tegnologie is gebruik op sy ikoniese 8-reeks trekkers en kan van boere se selfone af beheer word. Die outonome trekker sal later vanjaar beskikbaar gestel word.