Sekuriteitsvereniging van Namibië hou jaarvergadering op 16 September

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië hou hul 30ste algemene jaarvergadering op 16 September. Die jaarvergadering sal fokus op die verkiesing van nuwe leierskap en die uiteensetting van die pad vorentoe vir die vereniging en sy lede. Kantoor-administrateur, Celeste Lucas, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat slegs ten volle opbetaalde lede toegelaat sal word om by die jaarvergadering te stem.