Poligraaftoetse gaan vir leefstyl-oudits ingespan word

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê poligraaftoetse sal voortaan tydens leefstyl-oudits ingespan word in ‘n poging om korrupsie uit te roei. Senior staatsamptenare sal van volgende maand die leuenverklikker-toetse ondergaan. Die proses sal hoofsaaklik fokus op departemente met hoë uitgawes soos onderwys en gesondheid. Makhura sê die oudits sal ook die beoordeling van kwalifikasies, bevoegdheid, inkomste en bates insluit.