Cope se interne gevegte lei tot vuisgeveg

Die geskorste Cope-leier, Mosiuoa Lekota, sê hy is teleurgesteld oor die optrede van sommige van sy ontevrede lede nadat ‘n vuisgeveg vandag op sy nuuskonferensie in Boksburg, Gauteng, uitgebreek het. Volgens die lede het hy geen reg om die party toe te spreek nie. Lekota, wat Maandag geskors is, word daarvan beskuldig dat hy parallelle strukture binne die party gevorm en korrupsie gepleeg het. Hy bly egter by sy standpunt dat hy nie geskors is nie.