Sekuriteit by Nkandla verskerp

Sekuriteit is verskerp in Nkandla na die massa-byeenkomste van die afgelope paar dae. Die polisie in KwaZulu-Natal hou die situasie fyn dop, aangesien talle ondersteuners steeds na voormalige president Jacob Zuma se tuiste stroom. Wetstoepassers loop deur onder ernstige kritiek ná verskeie voorvalle van nie-nakoming van die gesondheidsprotokolle nadat mense die N2 gister afgesper het.