Ngavirue môre op Okakarara ter ruste gelê

Dr. Zed Ngavirue se roudiens het pas tot ‘n einde gekom in die parlementstuine in die hoofstad. Ngavirue is op 24 Junie oorlede aan Covid. Hy was 88. Hy was die Namibiese regering se spesiale gesant vir die volksmoord-onderhandelings en het ook in verskeie diplomatieke poste in die regering gedien. Hy word môre op Okakarara ter ruste gelê. President Hage Geingob sal die begrafnis bywoon terwyl sy adjunk, Nangolo Mbumba vandag namens Geingob hulde aan Ngavirue gebring het.