Prins Charles versot op Miriam Makeba se Click Song

Miriam Makeba se Click Song het die lys van prins Charles se gunsteling liedjies gehaal. Dit is tydens ‘n radioprogram genaamd Music and Memories with the Prince of Wales, bekend gemaak wat toegewy is aan mediese personeel en vrywilligers vir hul diens tydens die Covid-19-pandemie. Hy sê Givin’ Up, Givin’ In deur The Three Degrees het hom lank terug ‘n onweerstaanbare drang gegee om op te staan en te dans. Ander liedjies wat die prins se lys gehaal het, sluit in Don’t Rain On My Parade van Barbra Streisand en Upside Down deur Diana Ross.