Sekte veroorsaak Covid-uitbreking in Suid-Korea

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n sekte, waar die pastoor lede in die oë steek om hulle gesond te maak, is die oorsaak van Suid-Korea se nuwe Covid-uitbreking. Meer as 4 000 nuwe gevalle is in die afgelope 24 uur bevestig. Net meer as 240 lede van die sekte het positief getoets. Die land se gesondheidsowerhede sê 90 persent van die sekte se lede is ook nie ingeënt nie en hulle woon ook kommunaal met noue kontak met mekaar. Die kerk het ook ‘n anti-regeringstandpunt wat nie inenting ondersteun nie.