Van Wyk se borgaansoek begin eers om 12:00

Nigel van Wyk, wat by die Fishrot-skandaal betrek is nadat hy na bewering inligting by Sacky Shanghala se huis probeer verwyder het, se aansoek vir borg in die hoërhof is tot 12-uur uitgestel. Van Wyk het voorheen aansoek vir borg in die landdroshof gedoen maar, dit is geweier en ‘n appèl in September verlede jaar in die verband is ook van die hand gewys. Regter Johanna Salionga het die saak tot later vanoggend verdaag nadat Van Wyk se prokureur, James Diedericks, daarvoor gevra het.