Sekswerk moet in Namibië gewettig word

‘n Namibiese aktivis sê dit is hoog tyd dat sekswerk in Namibië gedekriminaliseer word. Suid-Afrika beplan om sekswerk teen 2024 wettig te maak met ongeveer 120 000 sekswerkers in die buurland. Mama Africa sê die wettiging van sekswerk in Namibië moet in die buurland se voetspore volg.