Cyril sê regering sal binnekort oor Eskom sê

President Cyril Ramaphosa sê die ANC-regering sal binnekort ‘n aankondiging maak wat volgens hom Eskom vorentoe sal neem en oplossings bring vir die huidige probleme by die kragvoorsiener. Die land beleef tans ‘n jaar van die ergste beurtkrag ooit. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering geantwoord en sê planne word ontwikkel sodat Eskom sy eie voetspoor van hernubare bronne kan skep: