Nghipunya moet wag tot 14 Oktober

Fishrot-beskuldigde en voormalige Fishcor-baas Mike Nghipunya sal nog twee weke moet wag vir uitspraak in sy hoërhof-aansoek om borg. Regters Thomas Masuku, Esi Schimming-Chase en Herman January sê hulle sal nog tot 14 Oktober nodig hê om die uitspraak te voltooi. Nghipunya het ‘n lang-draai borgaansoek gebring wat die Grondwet betrek en daarom het die regterpresident Petrus Damaseb einde Oktober verlede jaar beslis het dat Nghipunya deur drie regters aangehoor moet word. Die kern van Nghipunya se aansoek is dat die bepaling van die strafwet wat sê verdagtes kan aangehou word in aanloop tot hulle verhoor, teenstrydig is met artikel 25 van die Grondwet. Hy vra die hof om hom op die Grondwet te wend, en hom dus op borg vry te laat.