Sekere lande kan visum-vry na Zambië reis 

Die Suider-Afrikaanse nasie Zambië het sy pogings om sy toerismebedryf te bevorder, verskerp deur ‘n geen visum-vereiste in te stel aan lande soos die Verenigde Koninkryk, VSA, Kanada, Australië en vele ander. Dié stap het op 1 Oktober in werking getree en is deur die staat se Zambiese Toerisme-agentskap gekommunikeer. Plaaslike toergids Joseph Kafunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal help om die toerismebedryf in die SAOG-streek te versterk.