PW Botha se dogter verloor stryd teen kanker

Die dogter van die voormalige Suid-Afrikaanse staatspresident uit die apartheidsera, PW Botha, het Sondag in Kaapstad haar stryd teen kanker verloor. Rozanne Visagie was een van Botha se vyf dogters en het bekendheid verwerf as sangeres. Haar talle Facebook-inskrywings oor haar gesondheidstryd, gaan skynbaar in boekvorm uitgegee word. Visagie word oorleef deur haar man Schalk en twee kinders.