Sosiale media se impak op pandemie

Sosiale media is ‘n groot deel van die moderne lewe, veral vir die deel van inligting. Aangesien dit nuttig is, wat is die impak daarvan op die pandemie en wat is die ervaring van die publiek, negatief of positief? Hoe beïnvloed dit die publiek se ervaring van die pandemie? Professor Basie von Solms, aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kuberveiligheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en die impak daarvan verduidelik.