IPC reageer op Zimbabwe se parlementêre en munisipale tussenverkiesing

Zimbabwe se hoof-opposisieleier, Nelson Chamisa, is hoopvol sy party sal volgende jaar se algemene verkiesing wen, nadat hy twee-derdes van die setels in die naweek se parlementêre- en munisipale tussenverkiesing ingepalm het. Sy party, wat net drie maande gelede gestig is ná afstigting van die voormalige grootste en geloofwaardigste teenstander vir die regerende ZANU-PF, het 19 van die 28 betwiste parlementêre verkiesings gewen. Die stemmery was die gevolg van die herroeping van lede van sy voormalige Movement for Democratic Change Alliance, sterftes en die hertoewysing van sommige posbekleërs. Die party het ook 75 van die 122 betwiste munisipale setels ingepalm. Die nasionale voorsitter van Independent Patriots for Change, Brian Black, voorspel dieselfde gaan in Namibië gebeur.