Seibeb soek antwoorde oor oud-staatsamptenare en kontrakte

Die adjunk-leier van die LPM-party Henny Seibeb het kennis gegee dat hy antwoorde by die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sal eis oor maatreëls wat in plek is om uitbuiting van die regering te voorkom. Volgens hom, trek oud-staatsamptenare voordeel uit kontakte wat hulle het in die regering. Hy sê hulle stig konsultasie-maatskappye en benut die kennis wat hulle het van die stelsel om projekte te bekom. In sy mening is dit korrupsie en hy het verwysing gemaak na die debakel in die ministerie van myne en energie en eksklusiewe eksplorasie lisensies. Hy sê ook van die amptenare dryf projekte aan net om te bedank en dan die tender vir die projek te ontvang.