Seibeb skimp oor Amupanda

Henny Seibeb van die LPM-party het vandag ‘n aanlyn perskonferensie gehou oor grond, sowel as voorvaderlike grond en die bestuur van erwe in stedelike gebiede. Seibeb het daarop gesinspeel dat die Windhoek burgemeester Job Amupanda nie omgee wat in en om die hoofstad gebeur nie, omdat hy steeds sy voorvaderlike grond, en dus ‘n tweede tuiste, het.