Farmsol reik uit na opkomende kwekers

Een van Suid-Afrika se grootste graanboerdery-ontwikkelingsmaatskappye wat deur die privaat sektor gelei word, Farmsol, sê hulle is trots om aangestel te word as agent van die Siqalo Foods-kwekersbemagtigingsprogram. Die besturende direkteur, Aron Kole, sê dit sal deelnemende opkomende kwekers geleentheid gee om sonneblomme met olie van hoë gehalte te voorsien aan bekende huishoudelike handelsname soos Rama, Stork en Rondo. Hy sê in die 2021-somerseisoen het FarmSol meer as 18 miljoen Suid Afrikaanse rand aan winste betaal aan kleinboere wat aan hulle skemas deelneem.