Seibeb kom vandag voor parlementêre komitee voor

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee op Voordele het opdrag aan die Hoofsweep van die LPM-party Henny Seibeb gegee om vandag voor hom te verskyn. ‘n Verhoor word gehou in verband met die chaos na President Hage Geingob se Staatsrede op 15 April. Seibeb het ingevolge die reëls van die Huis nie veel van ‘n keuse nie. Beide Seibeb en Bernadus Swartbooi is verwyder uit die kamer. Die twee het intussen gesê hulle gaan appelleer teen die Hoërhof se beslissing in die guns van die Speaker Professor Peter Katjavivi dat die twee steeds toegang tot die Huis verbied is.