0,3% van toegediende entstowwe is in arm lande

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die toename in Covid-19-gevalle het die wêreldwye Covid-19-entstofvoorraad in gevaar gestel. Slegs 0,3 persent van die Covid-19-entstofdosisse wat wêreldwyd toegedien word, is aan die 29 armste lande gegee, wat ongeveer 9 persent van die wêreldbevolking verteenwoordig. Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar moet gesamentlik ambisieuse doelwitte gestel word om minstens die wêreld se volwasse bevolking so gou as moontlik in te ent: