Seeskilpaaie se nuwe tuiste by V&A

Die Twee Oseane-akwariumstigting het planne onthul vir ‘n nuwe seeskilpad bewaringsentrum by die V&A Waterfront in Kaapstad. Die sentrum sal ‘n seeskilpad-rehabilitasiesentrum, opvoedingsgeriewe, uitstallingruimte, ‘n restaurant en ‘n navorsingsperseel insluit. Bouwerk sal in 2026 begin. Die inisiatief is gemik op die toenemende behoefte aan seeskilspadsorg te midde van klimaatsverandering en die bedreigings van plastiekbesoedeling. Oor die afgelope twee dekades het die akwarium meer as ‘n duisend seeskilpaaie in die see vrygelaat, wat bekende  gevalle insluit soos Bob en Novombu.