Hunter Biden jok oor dwelmgebruik

‘n Federale regter in Delaware in die VSA het Vrydag geweier om wapenaanklagte teen Hunter Biden,Joe Biden se seun te laat vaar. Die Amerikaanse distriksregter Maryellen Noreika in Wilmington het teen Hunter Biden se versoek beslis omdat hy oneerlik was oor die feit dat hy onwettig dwelms gebruik met die aansoek om ‘n  Colt Cobra-handwapen 2018 te koop. Hy staan tereg op 2 aanklagte teen hom en ‘n derde aanklag van die onwettige besit van daardie wapen.