Indiensneming-program op dreef in Gauteng

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, sê die Werkloosheidsversekeringsfonds se Arbeids-aktiveringsprogram om opleiding vir indiensneming en ondernemerskaps-programme te verskaf, is op dreef in Gauteng. Dit gaan ook in ander provinsies ingestel word. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê Suid-Afrika bevind hom in die middel van ‘n altyd-veranderende tegnologiese era en dit vereis aanpassing.