Sê hallo vir Jellyfishbot

Hawe-owerhede in Cassis in Frankryk het ‘n vindingryke oplossing gevind vir al die rommel, plastiek, gesigmaskers en ander afval wat in die water dobber en toeriste na die gebied afskrik. Jellyfishbot is ‘n geel bootjie, so groot soos ‘n tas wat tussen die seiljagte en ander bote beweeg, en al die vuilgoed opvang in ‘n net wat hy sleep. Jellyfishbot is deur ‘n Franse maatskappy IADYS ontwerp en is bedrywig by 15 hawes in Frankryk. Volgens berigte word Waste Shark in Holland ontwikkel en Fred in die VSA.