Vrystaatse studente sê vakansie sal hulle Covid gee

Studente aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat is bekommerd dat ‘n vroeë vakansie hulle aan Covid sal blootstel. Die universiteit het aangekondig dat kampusse weens voortslepende betogings vroeër gaan sluit. Die studente sê die besluit is onverantwoordelik omdat hulle aan die virus blootgestel kan word wanneer hulle huis toe gaan. ‘n Studente-aktivis, Moeketsi Moeketsi, sê die bestuur se besluit om klasse op te skort is ook daarop gemik om studente te ontmoedig om teen hulle toelaes te betoog: