Duitse skenking vir Covid kom môre aan

‘n Antonov-vliegtuig het van die Halle-lughawe in Leipzig in Duitsland vertrek met mediese voorraad en ander skenkings as deel van Duitsland se bystand aan Namibië tydens die pandemie. Duitsland het in Augustus verlede jaar 320 miljoen Namibiese dollar se bystand aan Namibië bewillig. Die fondse sal aangewend word om kapasiteit te bou, reiniging by te staan, beskermende toerusting vir voorstelinie-werkers en ondersteuning vir klein en medium sakeondernemings. Die ministerie van internasionale betrekkinge het bevestig die skenking sal môre om 14:00 in die land aankom.