Schlettwein loof mielieboere vir rekord-oes

Reaksie word ontvang op die rekord witmielie-oes wat in die kommersiële gebied van Namibië aangeteken is. ‘n Totaal van 74 700 metrieke ton word verwag, die hoogste tot dusver en 45 persent hoër as die vorige seisoen wat 51 600 ton opgelewer het. Calle Schlettwein die minister van Landbou het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.