Beleggingskema aan die kus word deur BoN ondersoek

Piramiedeskemas is steeds ‘n uitdaging in Namibië. Die Bank van Namibië het bevestig dat hy ondersoek instel na ‘n sogenaamde beleggingskema wat bedrywig is aan die kus. Piramiedeskemas is onwettig in Namibië en swaar boetes, van tot ‘n miljoen Namibiese dollar kan opgelê word. Kazembire Zemburuka, die adjunk-direkteur van korporatiewe kommunikasie van die Bank van Namibië, het weer ‘n waarskuwing gerig aan persone wat hulle geld in die skemas belê.