Nog kritiek teen Cyril se getuienis

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Ongama Mtimka, het teen President Cyril Ramaphosa uitgevaar omdat hy steeds ANC-amptenare wat by staatskaping betrek word, in hul poste laat aanbly. Mtimka het gereageer op Ramaphosa se getuienis voor die staatskapingskommissie en gesê hy tree nie daadwerklik op nie. Ramaphosa het fel kritiek ontlok oor sy opmerking dat hy vir die volledige verslag oor staatskaping wag voordat hy kan optree. Mtimka sê hy wag om te sien of enigeen van die amptenare wat betrek word, vervolg gaan word: