Schlettwein gesels oor jongste oor ontsoutingsprojek vir sentrale gebied
Ontsouting vir watervoorsiening aan die sentrale gebied van die land is reeds sedert 1998 onder bespreking maar, konsultasies het formeel in 2020 begin. Die regering beplan ‘n pyplyn wat water van die kus deur die sentrale dorpe tot by Windhoek kan vervoer en sodoende waterdruk in die sentrale gebied verlig. Die proses is afgehandel en die verslag is aan die regering oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister, Calle Schlettwein gesels oor die jongste in verband met die ontwikkeling.