Arrestasie van moordverdagte van Duitse toeris in SA verwelkom

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekerheid en skakeling in Mpumalanga, Vusi Shongwe, verwelkom die inhegtenisneming van ‘n verdagte na die moord op ‘n Duitse toeris. Joseph Nyalungu het reeds in die landdroshof in Kabokweni verskyn. Hy word van moord, poging tot moord en poging tot kaping aangekla. Shongwe vertrou die afhandeling van die saak en die skuldigbevinding van diegene wat daarvoor verantwoordelik was, sal ‘n mate van berusting vir die familie van die oorledene bring. Die LUR het gemeenskappe versoek om besoekers te beskerm aangesien toerisme steeds een van die pilare van die land se ekonomie is.