Save the Children vra regering om noodreaksie in KZN te versterk

Die organisasie sonder winsbejag, Save the Children, doen ‘n beroep op die provinsiale en nasionale regerings sowel as die privaat sektor om meer te doen om noodreaksie te versterk terwyl hulle belê in infrastruktuur wat meer weerbestand is. Save the Children se direkteur van Vennootskappe, Voorspraak en Kommunikasie, Yani Horn, sê hulle is bekommerd oor die lewensverlies en die verlies aan infrastruktuur.