Vrou op plaas glo deur haar kêrel met haelgeweer doodgeskiet

‘n Vrou is glo deur haar kêrel met ‘n twaalfboor-haelgeweer op die plaas Ozondjahe in die Otjiwarongo-distrik doodgeskiet.  Volgens die misdaadverslag van die Namibiese polisie het die voorval tussen middernag en een-uur Sondagoggend plaasgevind. Die verdagte is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort. ‘n Saak van moord met huishoudelike geweld is aanhangig gemaak.