Savanna se eerste produkte kan reeds being ’23 op die mark wees

As alles goed verloop sal bedrywighede by Savanna Beef Processors binnekort begin met die eerste produkte wat vroeg volgende jaar op die mark kan wees. Die tweede beleggingsvenster het onlangs gesluit met 169 miljoen Namibiese dollar wat deur produsente belê is. Volgens die adjunk-voorsitter van Savanna se raad, Diethelm Metzger kan die Brukkaros-abattoir teen die einde van die jaar gereed wees om operasies te begin. Brukkaros vorm deel van die Beesvleis Waardekettingsforum in ‘n gesamentlike onderneming maar is nie deel van Savanna nie. Metzger het ook produsente se kommer oor die afstand na die aanleg, wat naby Keetmanshoop is, aangespreek. Produsente sal net tot in Windhoek lewer en daarna neem Brukkaros die vervoer oor. Brukkaros, wat uitvoerstatus het, sal ongeveer 120 diere per dag slag, wat ook tot voordeel is vir beesboere in die Suide.