Ramaphosa is ruggraatloos

Die Suid-Afrikaanse miljardêr en filantroop, Rob Hersov, het President Cyril Ramaphosa beskryf as ‘n mislukking, ‘n skande en ‘n teleurstelling. Daar is talle oproepe dat die president moet bedank te midde van ontsteltenis oor die beweerde geheimhouding, nadat buitelandse geld in 2020 op sy Phala Phala-wildsplaas in Limpopo gesteel is. Hersov het ook Ramaphosa se kabinet gekritiseer en sê dit is saamgestel uit korrupte narre en misdadigers. Hy het ‘n beroep op die president gedoen om onmiddellik te bedank: