Eagles wen openingwedstryd in Papua Nieu-Guinee

Die Richelieu Eagles het teen die VSA in Papua Nieu-Guinee geseëvier. Namibië het sy eendagwedstryd met 79 lopies teen die VSA gewen. Namibië het 176 lopies in 48,3 boulbeurte aangeteken en die VSA is uitgeboul op 97 lopies in 31,5 boulbeurte. Die Eagles neem deel aan ‘n driehoekige reeks met Papua Nieu-Guinee en die VSA. Die volgende wedstryd vir die Eagles is Saterdagoggend om twee-uur teen die VSA.