Savanna Beef Processors se totale aandeelhouding nou N$169 miljoen

Die tweede ronde om aandele in Savanna Beef Processors te bekom het Vrydag gesluit op ‘n bykomende 23 miljoen Namibiese dollar uit 158 aansoeke, waarvan 107 nuwe aansoeke is en 51 van bestaande aandeelhouers. Die proses moet nog geoudit word. Dit bring die totale aandeelhouding op 169 miljoen dollar uit die teikenbedrag van 200 miljoen dollar te staan om ‘n nuwe verslagtingsaanleg op die been bring wat waarde toevoeg aan plaaslike beesvleis voor dit uitgevoer word. Byna 85 persent van die beskikbare aandele is nou in produsente se hande. Enige navrae oor aandele kan aan Cirrus Capital in Windhoek gerig word.