Geen bek-en-klouseer in Wes-Kaap danksy bio-sekerheidsmaatreëls

Die DA in die Wes-Kaap se die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer het nooit die provinsie bereik nie, danksy die provinsiale departement van landbou se uitstaande werk met die afdwing van streng bio-sekerheidsmaatreëls. Andricus van der Westhuizen van die DA sê dié sukses kom ondanks die gebrek aan steun van die nasionale regering, veral wat betref die beskikbaarheid van polisiebeamptes om padblokkades te hou.